Ons storie het begin in 2018. Gerooster vir n week in Mosambiek min wetend dat ek my week saam die meisie gaan spandeer wat ek eendag meer gaan trou. So het die week goed verloop en wragtig ons eerste date kan ek maar sê gehaad by n Debonairs in Maputo.

So is die koël deur die kerk en die avontuur het begin. Soos elke verhouding maar sy op en af maar ek sal dit saam niemand anders wil aanpak nie. Vandag is ek dankbaar vir iemand wat my verstaan en begrip het vir die werk wat ek doen.

“Fast Forward” 7 jaar en nou staan ons op trou voor ons volgende groot trek en nog groter Avontuur. Ek sien uit vir alles wat ons nog gaan aanpak en vir on toekoms saam.